Tuesday, 26 March 2013

God se beloftes

Vanoggend wys Jesus Sy hande en voete weer vir my maar waar daar gewoonlik net merke is, is daar vandag gate waar hulle die spykers deurgkap het in Sy hande en voete in. Ek raak skoon lam om net daaraan te dink, om te dink aan alles wat Jesus kom doen het vir ons op aarde, al die pyn en leiding wat Hy moes deurmaak op aarde. En nogsteeds gehoorsaam ons Hom nie, nogsteeds wil ons lewe soos ons wil, dis verskriklik......
Met elke kap van spyker met die hamer in Jesus se hande en voete, kan ek my net indink hoe paniekerig moes satan en sy demone gegil en geskree het, want hulle het goed geweet: as Jesus sterf, verloor hulle die mag oor God se kinders.
Col 2:15:  "He stripped the rulers and aurthorities of their power, and made a public spectacle of them as hy celebrated his victory in Christ.

Weer wonder ek hoekom wys Jesus vandag vir my die gate in Sy hande en voete, en Jesus verduidelik:

Sy Pa het Hom aarde toe gestuur om Sy Goddelike taak te kom voltooi. Jesus het vooraf geweet wat Sy taak was, Hy het geweet wat God se plan met Hom was, Jesus het alreeds als geweet.
Joh 7:29: "Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het.
33 Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gstuur het."
Matt 20:18,19: "...en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel
19 en Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gesel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan." Jesus sê al hierdie woorde (en nog baie meer in die Woord) self, dus het Hy geweet wat met Hom gaan gebeur.

In Matt 26 sê Jesus: "Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regerhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel"
Dus het Jesus se Pa al lank voor die tyd vir Hom hierdie belofte gegee, want nog lank voor dit gebeur het, het Jesus dit al geweet - dat wanneer alles volbring is, Hy aan Sy Pa se regterhand sal sit.

Dus het Jesus geweet hoekom Hy aard toe moes kom en kom lewe tussen die mens op aarde. Hy het God se doel en plan verstaan. Hy het geweet watse lyding Hy sou deurgaan, maar Hy het geweet Hy kon vertrou op God deur Sy lyding. Hy het geweet God sal Hom weer heelmaak, God sal die gate in Sy hande en voete weer genees, God sal Hom laat opstaan uit die dood nadat die mens Hom so verniel het. En Jesus het geweet God sal Hom dan verheerlik en Hom laat sit aan die regterhand van God. En dit alles het Sy Pa het vir Hom gedoen!!!

GEHOORSAAMHEID

God het al hierdie dinge wat met Jesus moes gebeur, voor die tyd aan Hom bekend gemaak. En Jesus het Sy Vader geken en het geweet Sy Vader is n God van beloftes. 'n God wat beloftes maak en dit namkom as ons ons kant ook nakom. Al die beloftes wat God aan Jesus gemaak het, is volbring. Hoekom? Omdat Jesus oorgegee was aan God, Hy was tot die dood toe gehoorsaam. Drie keer (waarvan ons weet) het Jesus gebid dat nie Sy wil moet geskied nie, maar God se wil (Matt26)

Joh 4:34: "My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het om Sy werk te volbring"

Joh 8:29: "...die Vader het My nie alleen gelaat nie omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is"

Joh 14:31: "Maar dat die wêreld kan weet dat EK die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het..."

En omdat Jesus so gehoorsaam was, het God al die beloftes aan Sy Seun volbing.

Hebr 1:3: "After He had cleansed people from their sins, He received the highest position, the one next tot he Father in heaven."

Ons behoort aan God en elkeen van ons word op 'n sekere tyd en sekere plek op die aarde geplaas deur God om Sy wil uit te voer. Ons lewe nie vir onsself nie, maar ons lewe om gebruik te word deur God. Ons moet so 'n verhouding met God hê dat ons kan weet waarvoor God ons aarde toe laat kom het, ons moet weet wat ons doel op aade vir God is. Dit vereis dat ons ons ou lewe aflê en in ons nuwe lewe in Christus instap.

Hebr 3:1,2: "...you are holy partners in a heavenly calling. So look carefully at Jesus... 2 Jesus is faithful to God, who appointed Him, in the same way that Moses was faithful when he served in God's house."

Net soos God aan Jesus beloftes gemaak en dit nagekom het omdat Jesus in alles hoorsaam was, net so is die Woord vol beloftes vir ons ook. Jesus was vir ons die wonderlikste voorbeeld van gehoorsaamheid nog ooit. Hy het nie gelewe vir Homself nie, maar Hy het kom lewe om Sy Vader se wil te kom doen. Ons moet Jesus se voorbeeld volg.

7 BELOFTES

'n Rukkie terug het God aan my openbaar dat daar 7 beloftes in die die lug vir ons opgesluit lê. Die beloftes lê opgesluit in die reënboog, wolke, reën, son, maan, sterre en hael. En elkeen van hulle staan vir 'n seker belofte (ek sê dit presies soos HG dit op die dag vir my gesê het:

* Rainbow - promise of peace
* Stars - promise of bright shining
* Rain - promise of restoration
* Clouds - promise of restoration to come
* Moon - promise of God hovering over you
* Sun - promise of healing
* Hail - promise of God's fury

Al daardie beloftes lê vir ons opgesluit en ons sal dit eers ontvang wanneer ons gehoorsaam aan God is. Net soos Jesus gehoorsaam was aan Sy Pa en al die beloftes vir Hom in vervulling gekom het, so moet ons ook gehoorsaam wees en God dien en liefhê met ons hele hart, ons hele siel en ons hele verstand.

Iets wat ons ook net mooi moet verstaan oor hierdie beloftes, is dat dit nie sommer maar net daar was nie. Daardie beloftes is vrygestel deur God die dag toe Jesus alles volbring het. Die dag toe Jesus aan die kruis gesterf het vir ons sondes, het God daardie beloftes vrygestel aan die mensdom.

Die wonderlikste gedagte vir my oor hierdie beloftes aan ons, is dat ons dit kan ontvang omdat Jesus gehoorsaam was. As Jesus nie gesterf het vir ons sondes nie, sou ons in duisternis gewees het.
Ons besef nie hoe baie Jesus vir ons kom doen het toe Hy vir ons kom sterf het nie. Hy het die belofte van redding en verlossing vir ons kom gee daardeur, Hy het satan se mag kom breek oor ons, Hy het vir ons mag oor die bose kom gee, mag oor sonde vir ons kom gee deur die kruisdood en dan het Hy nog al daardie beloftes in die lug ook vir ons kom vrystel.
Maar ons moet onthou - vir elkeen van daardie beloftes om in vervulling te kom in ons lewens, soek God eers ons hart, ons lewe, ons ALLES, ons gehoorsaamheid aan Hom. En dit moet ons nooit vergeet nie. As ons kyk hoe genadig God is en wat Jesus deur die kruisdood vir ons kom doen het, hoe kan ons anders as om ons hele lewe vir Hom te gee en vir Hom ons gehoorsaamheid te gee...

HG gee Jer 30
17 "Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die Here..."

Aan die begin het Jesus mos vir my die gate in Sy hande gewys en nadat HG als verduidelik het, het Jesus weer Sy hande weer vir my gewys en toe is die gate weg, net die merke van die spykers sit op Sy vel.
God is n God van beloftes, en wat Hy beloof SAL Hy doen. Hy het aan Jeus beloof om Hom weer heel te maak en God het nog MEER as dit gedoen. Hy het SY Seun opgehef tot die hoogste gesag.
God het vir Jesus genees en Sy wonde gesond gemaak. Jesus het gesterf vir jou en jou sondes word dus vergewe, en God belowe genesing en heelmaak vir jou ook, AS jy Hom gehoorsaam!

God het aan Abraham 'n belofte gemaak dat Hy aan Abraham se kinders / nageslag die beloofde land sal gee. Op die regte tyd wou God daardie belofte in vervulling bring, maar omdat die Israeliete hardkoppig en ongehoorsaam was, het God nie dadelik die belofte in vervulling laat kom nie, maar hulle eers deur die woestyn laat trek. Daardie geslag ongehoorsame Israeliete het eers gesterf voordat God daardie belofte aan hulle kinders volbring het. So ons moet mooi onthou: God wil so graag aan ons die beloftes en seën volbring in ons lewens, maar Hy wag vir gehoorsaamheid aan Hom en liefde uit ons hart uit.

Hebr 3:8: "Don't be stubborn like those who rebelled and tested Me in the desert.
10 ...That is why I was angry with those people and I said: "Their hearts always turn away from Me. They refuse to do what I tell them.
11 So I angrily took a solem oath that they would never enter My place of rest."
12 ...Make sure that your own hearts are not evil and unbelieving, turning you away from the living God"
19 So we see that because of their unbelief (and disobedience) they were not able to enter His rest."

Die mooiste voorbeeld van nederigheid is verseker die lewe van Jesus. Ons moet dit probeer navolg en probeer in die voetspore van Jesus stap. Jes 53 is vir my 'n baie mooi gedeelte wat 'n profesie was oor Jesus en daar word Jesus se nederigheid baie mooi uitgebeeld:

53 Who has believed our report?
And to whom has the arm of the Lord been revealed?
2 For He shall grow up before Him as a tender plant,
And as a root out of dry ground.
He has no form or comeliness;
And when we see Him,
There is no beauty that we should desire Him.
3 He is despised and rejected by men,
A Man of sorrows and acquainted with grief.
And we hid, as it were, our faces from Him;
He was despised, and we did not esteem Him.
4 Surely He has borne our griefs
And carried our sorrows;
Yet we esteemed Him stricken,
Smitten by God, and afflicted.
5 But He was wounded for our transgressions,
He was bruised for our iniquities;
The chastisement for our peace was upon Him,
And by His stripes we are healed.
6 All we like sheep have gone astray;
We have turned, every one, to his own way;
And the Lord has laid on Him the iniquity of us all.
7 He was oppressed and He was afflicted,
Yet He opened not His mouth;
He was led as a lamb to the slaughter,
And as a sheep before its shearers is silent,
So He opened not His mouth.
8 He was taken from prison and from judgment,
And who will declare His generation?
For He was cut off from the land of the living;
For the transgressions of My people He was stricken.
9 And they[a] made His grave with the wicked—
But with the rich at His death,
Because He had done no violence,
Nor was any deceit in His mouth.
10 Yet it pleased the Lord to bruise Him;
He has put Him to grief.
When You make His soul an offering for sin,
He shall see His seed, He shall prolong His days,
And the pleasure of the Lord shall prosper in His hand.
11 He shall see the labor of His soul,[b] and be satisfied.
By His knowledge My righteous Servant shall justify many,
For He shall bear their iniquities.
12 Therefore I will divide Him a portion with the great,
And He shall divide the spoil with the strong,
Because He poured out His soul unto death,
And He was numbered with the transgressors,
And He bore the sin of many,
And made intercession for the transgressors




















No comments:

Post a Comment